![]() |
![]() ![]() ![]() |
![]() ![]() |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
DIE HOOP EN WANHOOP VAN DIE ALKOHOLIS SE VROU n Persoonlike Getuienis As kind en jongmeisie het ek nooit met die probleem van iemand wat te veel drink, te doen gekry nie. Kennis en ervaring van hoe om die probleem raak te sien en te hanteer het ek doodeenvoudig nie gehad nie, vandaar die baie desperate pogings en die baie foute wat ek gemaak het. Aanvanklik het ek geglo dat my man net moedswillig is en drink om my seer te maak. Wanhopig het ek met hom baklei en met rusiemaak probeer om hom tot beter insigte te bring. Ek het gou geleer dat jy nie iemand wat onder die invloed is, rusie soek nie jy moet liewer wag totdat hy weer sober is. Dan het ek min of meer soos n bestraffende ma opgetree en met baie verwyte en gevoelens van die arme verontregte vrou n belofte dat dit nooit weer sal gebeur nie, verkry. Met sy sterk oorreedingsvermö kon hy uitmuntend daarin slaag om die vlam van hoop in my binneste weer hoog te laat brad en dan het dit soms vir n rukkie weer beter gegaan. Namate sy drinkery erger geword het, het ek meer en meer die skryf van sy aanvalle geword. Hy het my oortuig dat dit my skuld is dat hy drink en ek het meer en meer begin terugtrek uit die samelewing. Dit het vererger nadat ek my predikant se hulp ingeroep het en die saak op die lappe gebring het. My man het toe nog meer teen die kerk en die dominee gedraai en my as n verraaier gesien. Ek het soos n melaatse gevoel. My grootste taak het toe geword om alles so dig as moontlik te probeer hou. Vir ons familie en vriende moes die front voorgehou word, dat dit goed gaan! Die saak kon egter net tot op n punt dig gehou word. Dit het n hele paar keer gebeur dat ek my man verlaat het en besluit het dat ek nie meer verder kan aangaan nie. Oorhaastig het ek dan n paar goedjies in n tas gegooi en gevlug. Die realiteit van skoolgaande kinders en jou voete onder n ander se tafel te moet insteek het my altyd maar weer laat terugkeer. Ook my eie gesondheidstoestand was op n stadium so swak dat ek waarskynlik nie by n mediese fonds aanvaar sou word nie, gevolglik moes ek bly. Daar was niemand vir wie ek kon vertel van die lang, eensame nagte wat en in trane omgeworstel het met God nie. Hoe ek vir God kwaad was en hom verwyt het dat Hy ons in die steek laat, kon ek met niemand deel nie. Sondagoggende het ek gaan troos soek in die erediens en hoe dikwels is my wonde nie daar verbind nie en het ek die krag gekry om voort te gaan. Vandag wonder ek of God n sagter metode kon gebruik om so n eiesinnige hardekop soos wat ek was, sag te maak en op my knieë voor Hom te bring. Op n stadium het my man self geskrik vir sy drinkgewoontes en gaan hulp soek. Hy het n reeks inspuitings ontvang. Die suster wat my saam met hom gesien het, het vir my gesê Mens, kyk hoe gespanne is jy jy beter Al - anon (die AA se vroue organisasie) toe gaan. Daar het ek vertroosting gevind om met mense in dieselfde ellende as ek te praat, en te ontdek dat ek nie die enigste vrou in Pretoria is met n dinkende man nie. Daar het ek die broodnodige kennis opgedoen en geleer om myself en ook my man se drankprobleem beter te verstaan. Ook het ek geleer hoe om op te tree en hoe om nie op te tree nie. Daar moes egter nog baie water in die see loop voordat my man klaar gedrink het en besluit het om vir behandeling te gaan. Daardie dae was om die beurt gevul met hoop en wanhoop soos die digteres dit so mooi stel, want dit was die pyn van wag en glo dat hy tog uiteindelik sal ophou. Dalk sal hy mre besef dat hy n siek man is en sal hy bereid wees om vir die regte behandeling te gaan. Dalk sal hy verstaan hoe siek on as gesin geword het en ons almal help om weer gesond te word. Al die dalk, dalk, dalks... en al die teleurstellings van jaar na jaar te hoop, soms teen alle hoop in, en te gryp na elke strooihalpie. Maar uiteindelik, na 13 jaar het die blye dag aangebreek en het die hoop nie meer beskaam nie. My man het vir behandeling na Staanvas gegaan en ons het as gesin die lang en moeilike pad van herstel aangepak. Die ondersteuning, hulp en begrip van die CAD-werkers wat self deur hierdie diep waters gegaan het en saam met ons die pad geloop het en nogsteeds loop, sal ek nooit kan oorskat nie en nooit genoeg kan waardeer nie. Na drie jaar is ons nog, deur die genade van God in Jesus Christus, op die pad van soberheid. U vra my: Was dit die moeite werd? en ek moet antwoord: Duisendmaal JA! Vandag is is ons nie meer deel van die probleem nie, ons maak ook deel uit van die oplossing en ons kan ander wat nog worstel bystaan en deur ons ervarings help. Ek wil afsluit deur met n paar wenke: As u man nog drink:
From a Heroin survivor: Other Links |